News
Water net in 8% van rade veilig vir drink
Waterkrisis in SA groter katastrofe as Eskom-kragtekort
Deur: Johan Eybers Johannesburg
ʼn Waterkrisis net so groot of selfs grote as eskom-kragdebakel staar Suid-Afrika in die gesig - en rioolvuil is een van die grootste oorsake. Watergehalte in Suid-Afrika het só verswak dat besproeiingsboere nie meer genoeg skoon water het vir hul landerye nie. Argi SA is bekommerd dat ʼn waterkrisis in die landbousektor dreig as die besoedeling van waterbronne nie onmiddellik gestaak word nie. Kenners vrees ook dat die Europese Unie ʼn moratorium op uitvoere kan plaas omdat riviere vol dodelike bakterieë is. Die departement van waterwese en omgewingsake hou egter deurentyd vol dat daar geen dreigende krisis is nie. Mnr. Johannes Möller, president van Argi SA, sê die bakterielading in besproeiingswater wat hoofsaaklik afkomstig is van menslike afval, is kommerwekkend hoog en "is honderde male hoër as toelaatbare internasionale standaarde''. "As die regering nie onmiddellik planne beraam om die probleem te hanteer nie, gaan dit voedselsekerheid bedreig'' waarsku Möller. Dr. Jones Barnes, epidemioloog aan die Universiteit van Stellenbosch, sê die besoedeling beinvloed ook die gehalte van uitvoervrugte. In die Wes-Kaap vrees boere reeds dat die Europese Unie ʼn moratorium op uitvoere kan plaas. "Ons sit met n gesondheidsramp. Rioolsuiweringsaanlegte het ineengestort en die diarree wat daaruit voortspuit, is die hoofoorsaak van honderde sterftes onder babas en jong kinders,'' sê Barnes. Die departement van waterwese en omgewingsake het reeds ingegryp, maar by sommige munisipaliteite het dit geen uitwerking gehad op die gehalte van gesuiwerde water nie. Mnr. Kobus de Beer, DA-raadslid van die Mogale City-stadsraad in Krugersdorp, sê hoewel die stadsraad verlede jaar miljoene rande bestee het om die Percy Steward-rioolstelsel van ineenstorting te red, is die gehalte van die gesuiwerte rioolwater steeds nie toereikend nie. Dr. Anthony Turton, n waterwetenskaplike, sê die regering se beleid om skoon water tot elke prys ann alle huishoudings in die land te verseker, het daartoe gelei dat die vraag na skoon water die laaste paar jaar vinniger toegeneem het as wat geprojekteer is. Turton is in 2008 by die WNNR geskors oor sy lesing oor n waterkrisis in Suid-Afrika. "Ons stuur af op n nasionale ramp. Wanneer die land n grootskaalse droogte beleef, gaan riviervloei verminder en rioolvloei toeneem. Ons water sal dan heeltemal ondruikbaar word,'' sê hy. Turton sê munisipaliteite is self nie in staat om die ramp te hanteer nie. "Dit is n enorme probleem. Munisipaliteite pomp tonne onverwerkte riool in ons riviere in omdat hulle nie die vaardighede of die wil het om behoorlik daaraan aandag te gee nie,'' sê Turton. Wetenskaplikes en kundiges sê ook: dat 80% van munisipaliteite se bestaande rioolsuiweringsaanlegte oorlaai is: dat 40% van rioolsuiweringsaanlegte op plattelande dorpe en in stede op die rand van ineenstorting is: dat die gehalte van rivierwater die afgelope vyf jaar oor die algemeen met 20% verswak het: dat meer as R20 miljard benodig word om munisipaliteite se rioolstelsels op peil te bring: dat plattelandse munisipaliteite se watersuiweringsaanlegte nie in stand gehou word nie en hul drinkwater nie aan SABS-standaarde voldoen nie: dat Suid-Afrika teen 2025 te min water sal hê vir sy bevolking. Dr. Cornelius Ruiters, adjunk-direkteur- generaal van nasionale waterbronne, het verlede maand in die parlement gewaarsku dat alles nie wel is nie en dat die departement van waterwese en omgewingsake hom in dieselfde bootjie as Eskom kan bevind. "Dit sal katastrofies wees as so iets gebeur. Ons grootste uitdaging is om infrastruktuur vir grootmaatwater te kep m in waterbehoeftes te voorsien en ekonomies groei en ontwikkeling te verseker,'' het hy gesê. Die regering sloer met die uitreiking van n verslag oor die land se rioolaanlegte oordat die nuus daarin so sleg is. Só sê mnr. Gareth Morgan, die DA-LP wat sy party se woordvoerder oor waterwese is. Slegte nuus oor gehalte, aanlegte vertraag verslag glo
Deur: Jan-Jan Joubert Kaapstad 30% van die land se tioolaanlegte vereis onmiddellike ingryping om te voorkom. By 66% van aanlegte moed daar op kort tot middeltermyn ingegryp word om die situasie te beredder. 35% van aanlegte se infrastruktuur moed opgegradeer word. 50% het ʼn tekort aan opgeleide personeellede. 56% het bykomende geskoolde personeellede nodig om instanhoudingswerk te kan doen. 21% benodig nog geld om roetinebedrywighede te kan volhou. Die verslag staan bekend as die griendruppel-verslag en beskryf die omvang van die land se rioolsuiweringsprobleem. Me. Annette Lovemore, DA-LP, het die afgelope week in die parlement gevra dat die verslag met die Suid-Afirkaanse publiek gedeel word. Die groendruppel-verslag dui onder meer aan of watergehalte, toerusting, gekwalifiseerde personeellede en instandhouding op peil is. Morgan sê na wat hy verneem, is die slegte nuus wat in die verslag vervat is die rede vir die vertraging met die bekendmaking daarvan. ʼn Onlangse voorlegging wat die parlementêre portefeuljekomitee oor waterwese en toerisme waar dit waarskynlik van die bste gaan. Die voorlegging is verlede Woensdag gedoen deur mnr. Rashid Khan, Wes-Kaapse steekdirekteur van waterwese. Daarvolgens voldoen net 32 rioolaanlegte landwyd aan die hoogste standaard, naamlik groendruppelstatus. Van die 32 is 10 in die Wes-Kaap. Dié provinsie het 156 rioolaanlegte. Volgins Morgan voldoen nie ʼn enkele rioolaanleg in Limpopo aan die standaarde vir groendruppel-status nie. Die rede vir die snel opvullende rioolaanlegte is eenvoudig: met die uitdreiding van basiese sanitasiedienste is die infrastruktuur van ruiilaanlegte nie uitgebrei om die groter lading te hanteer nie. Tydens ʼn onlangse besoek aan Mthatha was dit vir Morgan duidelik die rioolaanleg is so vol vaste afval dat die water eintlik bo-oor die filtreringsdamme tot in die Umzimvuburivier loop. Dit verduidelik hoekom mense op ʼn reis van Mthatha tot in Port St. Johns soveel waterhiasinte op die rivier sien. Die plante floreer op bakkterieë. Die departement van waterwese het al bereken dat die agterstand in infrastruktuur sowat R60 miljard behels, maar die bedrag daarvoor in die departementele begroting vir 2011-2012 is net R1,5 miljard. Daarom stel die DA intussen voor dat ingrypingspanne met hoogs gekwalifiseerde lede geskep word om hulp te verleen wanneer onmiddellike nood dreig, en dat infrastruktuur groter geldelike voorrang kry.
Dorp se rioolvuil versmoor spogplaas; boer eis R2 miljoen Deur: Marthinus van Vuuren Johanesburg ʼn Spogplaas buite Colesberg versmoor onder die rioolvuil nadat die munisipaliteit glo nie die rioolsuiweringsaanleg se vermoë vergroot het om met die groeiende dorpsgebiede tred te hou nie. Mnr. Piet van Wyk se plaas, Buffelsvlei, grens aan die Umsobomvu-munisipaliteit (Coleberg) se rioolplaas. Die plaas se lusernlande is in 1985 gevestig in samewerking met die departement van landbou en die landbouskool in Middelburg. Die rioolprobleem het reeds in 2002 bigin toe rioolwater in die Trappiesdamspruit, wat deur Van Wyk se plaas vloei, begin loop het. Van Wyk het die probleem telkemale aan die munisipaliteit en selfs die departement van waterwese uitgewys, maar verniet. Die Trappiesdamspruit se visse, paddas en krappe het in 2005 begin vrek. Van Wyk moes sy brahmaan-kudde verskuif uit vrees dat rioolwater sy beeste sou vergiftig. In Februarie 2006 het die gróót rioolbom uiteindelik op Van Wyk se plaas gebars toe die riooldamme ná swaar reën drasties oorgeloop het. Dit het alles op die landerye beland selfs toiletpapier en kondome. Volgens Van Wyk het ʼn topplantkundige. mnr. Gerhard de Kock, bevind dat toiletpapier-molekules en chemikalieë in die rioolwater sy grond letterlik versmoor en die grond se absorberingsvermoë vernietig het. Die skade vir die herstel van die grond en verlies aan lusernoeste word op meer as R2 miljoen geraam. Van Wyk het ʼn skadevergoedingseis teen die Umsobomvu-munisipaliteit ingestel. Die hofverrigtinge begin op 3 Desember in Kimberley se hooggeregshof. Die munisipaliteit het ná Van Wyk se regstappe begin om die Trappiesdamspruit toe te gooi wat volgens hom net ʼn verdere toiletaffek veroorsaak het. Mnr. Johan Matthee van Aksiegroep Colesberg sê daar was geen verdere rioolprobleme sedert 2007 nie. Maar ʼn krisis dreig wanneer ʼn ontwikkeling van 2500 huise - nog in aanbou - aan munisipaliteit se rioolstelsel gekoppel gaan word. Volgens Matthee loop Van Wyk dus gevaar om weer deur te loop. Boonop loop die Trappiesdamspruit in die Oorlogspoortrivier, Oranjerivier en uiteidelik in die Van der Kloofdam, wat beteken die inwoners van Van der Kloof sal uiteindelik deur die Colesberg rioolprobleem geraak word: Ons voorsien dit gaan uitkring. Mnr. Amos Mpela, munisipale bestuurder van Umsobomvu, stem nie saam nie. Die rioolprobleem op(Mnr.Van Wyk) se plaas was ʼn geisoleerde voorval en nie ʼn konstante probleem nie. Dit was reënverwant. aar moet na ons rioolstelsel se vermoë gekyk word, maar dit hou geen gevaar in nie.
Mense wat omgewing skaad nou erger gestraf 2009-09-27 22:13 Jorisna Bonthuys Kaapstad. Veel strenger boetes en strawwe kan voortaan opgelê word aan mense wat omgewingswette oortree. Dít kom nadat twee nasionale omgewingswysigingswette tot dusver in September van krag geword het. Me. Melissa Fourie van die sentrum vir omgewingsreg in Kaapstad het gesê die land se omgewingswette wat sedert 1998 gepromulgeer is, word in die algemeen as omvattend en progressief beskou. Sedert die toepassing daarvan in 2005 verbeter is, het dit egter geblyk dat die wette sekere tekortkominge het. Dit sluit in dat dit nie n strafregtelike oortreding was om die kennisgewings wat owerhede ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurswet (Nema) uitgevaardig het te ignoreer nie. Voorts was van die magte en bevoegdhede van die omgewingsbestuursinspektoraat (EMI) ontoereikend. Die strawwe wat vir omgewingsoortredings opgelê kon word, was hier ook ligter as in ander wêrelddele. Die departement van omgewingsake is al geruime tyd besig met die hersiening van wetgewing om tekortkominge aan te vul en omgewingswette meer vaartbelyn te maak. Dit is nou n strafregtelike oortreding om omgewingskade te veroorsaak, het Fourie in n skrywe hieroor gesê. Diegene wat nie aan voorskrifte ingevolge die Nema-bepalings oor hul sorgsaamheidsplig of noodvoorvalle gehoor gee nie, kan ná dié jongste wetswysigings strafregtelik vervolg word. Oortreders kan n maksimum boete van R1?miljoen en/of n jaar gevangenisstraf opgelê word. Die maksimum boetes wat vir omgewingsmisdrywe ingevolge Nema, die Luggehaltewet, die Wet op Beskermde Gebiede en die Biodiversiteitswet opgelê kan word, is verhoog tot R5?miljoen en/of vyf jaar gevangenisstraf. Mense wat verdere oortredings begaan, word deur n boete van R10?miljoen en/of tien jaar gevangenisstraf in die gesig gestaar. Die Nasionale Waterwet kan ook nou deur die EMI toegepas word. Die minister van water-wese kan vir dié doel n omgewingsbestuursdirektoraat in die departement aanwys. Fourie het gesê die wysigingswette (Wet 44 van 2008 en Wet 19 van 2009) gaan onder meer help om die toepassing en nakoming van alle omgewingswette deur die EMI meer vaartbelyn te maak.
Verrottende rioolvuil staan al dakhoogte
2009-10-02 01:37
Buks Viljoen Rioolafval eerste, mense tweede! Daar bestaan nie iets soos batho pele (mense eerste) by die Emalahleni-munisipaliteit in Witbank nie. So mor mnr. Enogh Khumalo, een van die sowat 2?000 inwoners van die Klarinet-plakkerskamp buite die stad. Skaars 100?m van sy en ander mense se huise staan n rioolpompstasie die laaste paar maande byna dakhoogte onder verrottende rioolafval. n Ondraaglike stank hang oor die hele gebied. Om sake te vererger, vloei onverwerkte rioolafval daagliks in die Blesbokspruit. Die spruit is een van die talle in die Hoëveld wat die Olifantsrivier voed en uiteindelik in die Loskopdam uitloop. By Beeld se besoek aan die aanleg gister het n groepie kinders op die dakkie van die pompkamer gespeel. Daar is n sementpaalheining om die aanleg, maar die hek is weg. Toe die kinders die kamera sien, het hulle met n staalbruggie wat van die pompkamer na die heining loop langs gehardloop en oor die heining gespring. Die inwoners van Klarinet sê hulle het al baie keer by die stadsraad oor die probleem gekla. Niks word gedoen om die probleem op te los nie, sê me. Sarah Sibande. Die gemeenskap het volgens haar in n stadium water uit die spruit gebruik, maar dit is nou so besoedel dat selfs plante in hul groentetuine vrek. Mnr. Thinus van Vreden, n plaaslike boer en lid van die Olifantsrivier-forum wat aan die besoedeling van die Olifantsrivier-stelsel aandag gee, sê hulle was geskok om die toedrag van sake by die pomphuis te sien. Hulle gaan die saak volgende week tydens n vergadering met die departement van waterwese opneem, het hy gesê. n Boer van die Verena-omgewing wat anoniem wil bly, het die afgelope jaar tientalle beeste verloor omdat hulle van die besoedelde water uit die Bleskopspruit gesuip het. Die besoedelingskrisis wat by Klarinet voorkom, is nie die uitsondering nie, maar eerder die norm in Witbank, sê mnr. Koos Venter, DA-leier in die stadsraad. Volgens hom het die munisipaliteit nou al jare lank nie n enkele professionele ingenieur in diens nie. Mnr. Lindela Tshwete, waarnemende hoof van tegniese dienste in die munisipaliteit, sê die probleem het ontstaan toe nie net die koperkabels en transformator nie, maar ook die pompe gesteel is. Die raad het pas R5 miljoen van die departement van waterwese gekry om drie van die vyf rioolpompstasies in die stad te verbeter, het hy gesê. 8 munisipale bestuurders vervolg oor riool-besoedeling2009-08-19 00:37 Marisa Phillips Bloemfontein. Agt voormalige munisipale bestuurders en waarnemende munisipale bestuurders van die Matjhabeng-munisipaliteit het gister in die hof op Welkom verskyn op aanklagte van die oortreding van die Waterwet. Dit is die eerste saak in sy soort wat in Suid-Afrika in die hof draai. Adv. Antoinette Ferreira van die Groen Skerpioene kla aan. Dit volg nadat twee klagte by die polisie ingedien is oor die besoedeling van water omdat die rioolaanlegte van dié munisipaliteit feitlik heeltemal buite werking is. Die DA het in April ook n klag daaroor by die polisie ingedien. Me. Maria Tshabangu van Nelspruit, mnre. Selle Nanisa van Thabong, Johannes Motseki van Pretoria, dr. Benjamin Malakoane van Kroonstad, mnre. Vusi Adonis van Welkom, Nkrumah Pitso van Roodepoort, die Matjhabeng-munisipaliteit wat deur mnr. Thabo Pietersen, huidige munisipale bestuurder, verteenwoordig word en dr. Dimakatso Moorosi van Bloemfontein is gewaarsku om op 29 September weer in die hof te verskyn. Tshabangu en Moorosi was nie gister by die hof nie en het doktersbriewe ingedien. Malakoane en Moorosi is raadslede van Bloemwater. Me. Mathabo Leeto, uitvoerende burgemeester van Matjhabeng, en amptenare en raadslede van die munisipaliteit het gister ook die hofverrigtinge bygewoon. Leeto het ná die tyd op n mediakonferensie gesê die munisipaliteit kon weens n gebrek aan geld nie die rioolsuiweringsaanleg in en om Welkom in stand hou nie. ?n Aksieplan is in Maart opgestel waarvolgens ons dié probleem nou gaan aanpak. n Totaal van R65?miljoen, waarvan R26?miljoen deur die departement van waterwese en omgewingsake beskikbaar gestel is, gaan nou gebruik word om Witpan, Odendaalsrus, Theronia en Hani-park se rioolaanleg op te knap. Dit behoort teen Mei volgende jaar voltooi te wees. Leeto het gesê as inwoners hul dienstegeld betaal, kan dinge soos rioolsuiweringsaanlegte in stand gehou word. Op n vraag waarom raadslede wat etlike duisende rande aan dienstegeld skuld, nie vasgevat word nie, het sy gesê almal word oor dieselfde kam geskeer. Mnr. Peter Frewen, DA-woordvoerder oor plaaslike regering en behuising, het vroeër gesê die rioolaanleg by Odendaalsrus werk al bykans twee jaar glad nie, Witpan in Welkom staan al n jaar lank stil en riool loop al langer as n jaar by Virginia in die Sandrivier in. Mpumalanga: Premier vertel die mooiste sprokies2009-08-21 08:40 Die Mpumalanga-premier, David Mabuza, met sy besoek Vrydag aan Sasol. Arisja Jacobs Secunda. Die premier van Mpumalanga, mnr. David Mabuza, is oortuig Sasol stuur net stoom die lug in. Hy het dít en nog n paar ander juweeltjies op n perskonferensie kwytgeraak toe hy Sasol verlede Vrydag besoek het. Dit lyk soos lugbesoedeling as jy na Sasol se torings kyk, maar dit is eintlik net stoom wat onskadelik is. Dit is gesuiwerde water wat as reën terugkom aarde toe en ook die boere bevoordeel, het Mabuza gesê. Hy het die media ook gevra om dié boodskap aan die publiek oor te dra. Die torings wat wel stoom maak, is slegs die verkoeltorings en die Sasol-bestuur het die feite ná Mabuza se uitlating in konteks probeer stel. Mabuza het egter voortgegaan om sy versekering te gee oor die stoom. Ons was aanvanklik besorg oor die stories van lugbesoedeling, maar ek het nou self kom kyk en dit is net stoom, het hy volgehou. Volgens Mabuza is dit ook nie die mynbou in Mpumalanga wat die water in verskeie riviere en damme met swaar metale besoedel nie. Ons ondersoek wys dat riool vir waterbesoedeling verantwoordelik is, het Mabuza gesê. Oor die uitwerking wat mynbou op die omgewing laat, het Mabuza gesê: Die grond wat uitgemyn is, kan vir landbou gebruik word.
Minister is nie haastig om op te tree2009-09-30 Elisa Tempelhoff Beeld
Altesame 104 myne wat tans in Suid-Afrika in bedryf is, is onwettig.
Me. Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, het in antwoord op vrae deur die DA gesê nie een van dié myne het n waterlisensie nie. Die departement het reeds aan al die myne opdrag gegee om redes te gee hoekom hulle onwettig myn.Hiervan is 32 in Limpopo. Dr. Koos Pretorius, direkteur van die Federasie vir n Volhoubare Omgewing, het in reaksie daarop gesê die myne moet onmiddellik gesluit word en mynbase strafregtelik vervolg word. Hulle moet boonop die omgewing herstel. Hulle pleeg n misdaad en móét vervolg word. Pretorius het gesê Sonjica oortree ook die nasionale waterwet deurdat sy versuim om die myne onmiddellik te sluit. Ons land het nie water nie. Hoe kan sy hulle nog kanse gee om redes te gee waarom hulle onwettig myn? Dis mos belaglik. Sonjica het erken van die myne het net begin myn sonder om om n waterlisensie aansoek te doen. Ander het wel aansoek gedoen, maar te min inligting oor hul werksaamhede verskaf. Mnr. Gareth Morgan, DA- woordvoerder oor omgewingsake, het gesê myne sonder n waterlisensie oortree die waterwet blatant en móét onmiddellik gesluit word totdat hulle aan alle vereistes vir so n lisensie voldoen. Dit is ontstellend om te besef daar is geen behoorlike koördinasie tussen die departemente van minerale en waterwese en omgewingsake nie. Volgens Morgan is dit duidelik Sonjica is nie haastig om teen die myne op te tree nie. Die departement van waterwese maak hulle ook skuldig aan oortredings omdat hulle versuim om die land se wette af te dwing. Pretorius meen mynbase het hul myne willens en wetens oopgemaak en hulle het waarskynlik geweet as hulle uitgevang word, is die kanse skraal dat die regering teen hulle gaan optree. Hy vind dit kommerwekkend dat die myne waarskynlik, as hulle beveel word om te sluit, nie die geld gaan hê om die omgewing te rehabiliteer nie. Hy weet van minstens 18 steenkoolmyne in Mpumalanga wat binne-in riviere en vleie werk en onwettig is, het Preto-rius gesê. Sulke myne is nie geregtig op n waterlisensie nie. In syfers Aantal onwettige myne per provinsie: · Limpopo 32 · Noordwes 29 · Gauteng 19 · Mpumalanga 13 · KwaZulu-Natal 8 · Noord-Kaap 2 · Oos-Kaap 1 · Vrystaat 0 · Wes-Kaap 0 Totaal: 104 Vuna bekyk Me. Susan Shabangu, minister van minerale, het n afvaardiging saamgestel wat n ondersoek ter plaatse gaan doen na die onwettige bedrywighede van Vuna Mining van mnr. Andrew Hendricks. Hendricks se vrou is me. Lindiwe Hendricks, voormalige minister van waterwese. Vuna haal reeds die afgelope jaar honderde ton uitvoersteenkool uit die Klein-Olifantsrivier in Mpumalanga. Die myn het nie n waterlisensie nie. n Adjunk-direkteur-generaal sal die afvaardiging lei, het die departement gesê. Water is life! Article by: Peter Marx Article as it is in: News 24 Ronel van Zyl has been in the wellness industry for the past three years, working closely with her business partner Dr Costa Kapnias. She has always believed in a natural and holistic approach to her familys health and was looking for that something special which would be a step above the rest. She and Dr Kapnias saw a phenomenal new product, the Wellness Filter, and decided it offers an excellent solution to Africas water problems. This lead to the birth of Wellness Water, which was launched earlier this year. Ronel was born and raised in the Mother City, Cape Town. She studied Public Relations Management at the Cape Technikon (Cape Peninsula University of Technology). She further completed a course in Comprehensive Web Design at City Varsity and qualified as a Fitness Instructor with the ETA (Exercise Training Association) at the University of Cape Town. "I've always been passionate about my health and completed this course more for personal gain, because at the time I cycled competitively. Being in an academic environment for most of my life, I felt like a professional student at times and was constantly doing short courses in various fields to improve myself varying from First Aid to managerial to computers. I also recently completed a Reiki course in Natural Healing," says Ronel. Dr Kapnias has been involved in the wellness, preventative medicine and sports performance industry for over 10 years. He has extensive experience in the industry and has been studying water for the past year, realising that there is growing concern in our country regarding the quality and drinkability of our water. He came across the product through his research and immediately enquired about the possibility of distributing it in Africa. "Being involved in the wellness industry youre always looking for the best possible products available on the market, keeping abreast of what is happening in your industry. We both knew, next to the air that we breathe, water is the most important substance we put into our bodies, as approximately 75% of our body weight is water," says Ronel. Wellness Waters products include the Wellness Water Bottle, the Wellness Shower, the Wellness Kitchen Unit S-III and the Wellness Home System MG-III. The Wellness Water bottle is the ultimate environmentally friendly product. It eliminates approximately 1 100 plastic bottles per annum, reduces carbon emissions and conserves natural resources. One can save up to R10 000 in bottled water purchases per year when making use of the Wellness Water bottle. The Wellness Shower effectively reduces up to 99% of Chlorine for up to 24 months, two or three times longer than any other shower filtration system available. Wellness Water also offers the Wellness Home System. This system effectively reduces chlorine, chloramines, trihalomethanes, pesticides, heavy metals and foreign tastes and odors below detectable levels for safer healthier water. At the same time, it also enhances the water with delicate ions and minerals. The Wellness Kitchen S-III features a cartridge system which contains a unique carbon element made up of organic coconut shell along with a proprietary carbon mix. It also has the option of an under counter installation converting your counter top KitchenS-III to an under-sink model. Unlike traditional filters, the Wellness filters are made up of two distinctly different systems, a purification system and an enhancement system, working together to produce clean and refreshing water much the same way as Mother Nature does on earth. "It's extremely important to me to protect the environment, and were all very ignorant and unaware of how our lifestyle is negatively impacting on the environment. I believe people have to be informed, as we can all make a difference if we just become more aware," comments Ronel. Ronels husband is an entrepreneur with his own business and is also the financial director of Wellness Water. "Having three children, one being only six months old, is demanding from time to time, therefore its important to have a good and reliable support system family and friends. I also have a wonderful supportive husband. Being an entrepreneur himself, he fully understands the time and effort needed to get a new company off the ground," says Ronel. Ronels vision for Wellness Water is that every single person has the Wellness Water Bottle and every home a water system. "If youre serious about your health and the environment, the choice is clear. I really believe that this company has incredible potential and Id like to be a vital part of helping in protecting peoples health and the environment," she says. After all the Best Source of Water on Earth.....could be your tap.
24 plaaslike rade stort rioolafval in riviere
2009-10-16 10:58
Philda Essop (Beeld) Kaapstad. Altesame 24 munisipaliteite landwyd het tussen 2004 en Augustus vanjaar rioolafval en afval in riviere en strome gestort, het me. Buyelwa Sonjica, minister van water en omgewingsake, gesê. Baie hou ook nie hul water-infrastruktuur in stand nie. Altesame 32 munisipaliteite het nou kennisgewings van die departement van waterwese en omgewingsake ontvang om te sê wat hulle gaan doen om die situasie reg te stel. Sonjica het in n skriftelike antwoord op n parlementêre vraag gesê dié munisipaliteite is in die Oos-Kaap, Noord-Kaap, Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga. Me. Annette Lovemore, DA-LP, wou by Sonjica weet of enige instelling nagelaat het om aan die kennisgewings te voldoen en hoe daar teen hulle opgetree is. Die Ekurhuleni-metro in Gauteng het n kennisgewing ontvang vir die storting van riool- afval en afval in die Blesbokspruit. Dié munisipaliteit het nog nie daarop gereageer nie. Die Delmas-munisipaliteit in Mpumalanga het kennisgewings ontvang weens die onwettige storting van rioolafval vanaf die plaaslike waterverwerkingsaanleg in die Bronkhorstspruit. Dié munisipaliteit het aangedui hy gaan verordenings goedkeur om stortings deur nywerhede in groot rioolpype te beheer. Die Lekwa-munisipaliteit (Morgenzon) en die Seme-munisipaliteit (Amersfoort), albei in Mpumalanga, het kennisgewings ontvang weens die storting van onverwerkte afval in strome. Nie een van die munisipaliteite het nog daarop gereageer nie. n Kennisgewing is aan die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes weens die onvoldoende instandhouding by die Brits-waterverwerkingsaanleg. Luidens die minister se antwoord het die munisipaliteit nie op die kennisgewing gereageer nie. Die waterverwerkingsaanleg van die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng werk nie behoorlik nie en daar is glo n gebrek aan belangstelling om die situasie te herstel. n Vergadering tussen die departement en die munisipaliteit kon volgens Sonjica nie gehou word nie omdat die munisipaliteit nie beskikbaar was nie.
Verrottende rioolvuil staan al dakhoogte
2009-10-02 01:37
Buks Viljoen ( Beeld ) Rioolafval eerste, mense tweede! Daar bestaan nie iets soos batho pele (mense eerste) by die Emalahleni-munisipaliteit in Witbank nie. So mor mnr. Enogh Khumalo, een van die sowat 2?000 inwoners van die Klarinet-plakkerskamp buite die stad. Skaars 100?m van sy en ander mense se huise staan n rioolpompstasie die laaste paar maande byna dakhoogte onder verrottende rioolafval. n Ondraaglike stank hang oor die hele gebied. Om sake te vererger, vloei onverwerkte rioolafval daagliks in die Blesbokspruit. Die spruit is een van die talle in die Hoëveld wat die Olifantsrivier voed en uiteindelik in die Loskopdam uitloop. By Beeld se besoek aan die aanleg gister het n groepie kinders op die dakkie van die pompkamer gespeel. Daar is n sementpaalheining om die aanleg, maar die hek is weg. Toe die kinders die kamera sien, het hulle met n staalbruggie wat van die pompkamer na die heining loop langs gehardloop en oor die heining gespring. Die inwoners van Klarinet sê hulle het al baie keer by die stadsraad oor die probleem gekla. Niks word gedoen om die probleem op te los nie, sê me. Sarah Sibande. Die gemeenskap het volgens haar in n stadium water uit die spruit gebruik, maar dit is nou so besoedel dat selfs plante in hul groentetuine vrek. Mnr. Thinus van Vreden, n plaaslike boer en lid van die Olifantsrivier-forum wat aan die besoedeling van die Olifantsrivier-stelsel aandag gee, sê hulle was geskok om die toedrag van sake by die pomphuis te sien. Hulle gaan die saak volgende week tydens n vergadering met die departement van waterwese opneem, het hy gesê. n Boer van die Verena-omgewing wat anoniem wil bly, het die afgelope jaar tientalle beeste verloor omdat hulle van die besoedelde water uit die Bleskopspruit gesuip het. Die besoedelingskrisis wat by Klarinet voorkom, is nie die uitsondering nie, maar eerder die norm in Witbank, sê mnr. Koos Venter, DA-leier in die stadsraad. Volgens hom het die munisipaliteit nou al jare lank nie n enkele professionele ingenieur in diens nie. Mnr. Lindela Tshwete, waarnemende hoof van tegniese dienste in die munisipaliteit, sê die probleem het ontstaan toe nie net die koperkabels en transformator nie, maar ook die pompe gesteel is. Die raad het pas R5 miljoen van die departement van waterwese gekry om drie van die vyf rioolpompstasies in die stad te verbeter, het hy gesê.
Water scarcity drives protests - study2012-06-15 14:41Johannesburg - A lack of adequate and safe drinking water played a significant part in service delivery protests across the country, the Water Research Commission said on Friday.This emerged from a study it had commissioned on "Social Water Scarcity and Water Use"."When government has not met expectations, citizens have responded by blaming government structures for non-delivery of services," the commission said.Researcher Barbara Nompumelelo Tapela investigated selected rural and urban case studies in the North West, Western Cape, and Limpopo provinces.The study sought to deepen understanding of the links between water scarcity and societal expectations for service delivery.Self-reinforcing cycleIn many cases, government officials had responded by disengaging from citizen groups or shifting blame.This gave rise to increasing frustration among citizens.In this way, a self-reinforcing cycle leading to poorer delivery was created.Officials were even less likely to communicate with the public or co-operate with each other.Public frustration increased as long-standing problems were not resolved.This led to disregard for the law.In some cases, there were violent protests against a system which people did not feel respected them.In Sannieshof, North West province, residents did not have adequate access to water.Water infrastructure had been neglected for years.A particularly pressing issue for residents was the lack of a proper water and sanitation plan.Unmanaged raw sewage had affected the area's water quality since 2007Three taps for 600+ householdsPelindaba residents relied on communal taps or stand pipes for water access.Three taps serviced a population of more than six hundred households.One respondent pointed out that there were 10 communal taps but only two were functional.All respondents agreed that they had experienced a water-point breakdown at some stage over the past year.Khayelitsha, in the Western Cape, had experienced exponential growth in population since 1986.Only 30% of households had yard and in-house water and sanitation facilities.About 70% of households used communal taps or stand pipes for water supply.They had inadequate or no access to sanitation.A Khayelitsha resident of QQ section said: "The first thing is that we don't have toilets. We defecate into buckets inside our shacks. It is completely unacceptable for an adult to be defecating inside living areas. The whole shack becomes smelly."Women spend more time fetching waterProtests by Khayelitsha residents had not had positive results.This was due to the fluidity and lack of community organisation in informal settlements.Residents of Muyexe village in Giyani, Limpopo, complained of water scarcity."How can a person survive without water? It is an essential source of life," one respondent complained.Women spent more time fetching water than men, and experienced waiting times extending well into the night."This exposed women to a range of risks to personal safety and security," the report said, particularly with regard to livestock.In some cases, water needs expressed by the community were not prioritised by municipalities.There were discrepancies between water use data at planning levels and data collected on a micro-level, the commission said.- SAPA Article of News 24 |
Back | Back to top |